‘Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid.’
– Die Here wil genadig, vriendelik en liefdevol teenoor jou wees.
– Die Here wil Sy goedheid en vrygewigheid teenoor jou, bewys.
– Hy het jou gemaak en Hy behandel jou met goedertierenheid.
– As Sy kind wil Hy jou Sy liefde en guns bewys.
Gebed: Vader, dankie vir U groot liefde en barmhartigheid teenoor my. Dit is U wat medelye met my het en wat my deur die uitdagings van die lewe ondersteun. Ek ontvang vandag U liefde en deernis teenoor my. Amen.