‘Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.’
– Dit is die karakter van God om barmhartig en liefdevol teenoor almal te wees.
– Die Here verlang dat jy Hom so sal ken.
– Dit is Sy begeerte dat al Sy kinders Sy liefde vir hulleself moet ondervind.
– Verwag dus meer van Sy liefde, goedheid, barmhartigheid en tere genade in jou lewe.
Gebed: Vader, dank U dat U met nimmereindigende liefde teenoor my gevul is. Mag ek nooit weer aan vrees en twyfel verslaaf wees nie, maar mag ek in die vryheid van U liefde en deernis lewe. Amen.