‘my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, …’
– Let op hoe die woord ‘MY’ herhaaldelike gebruik word.
– Niks kan die plek van JOU God en Sy rol in jou lewe inneem nie.
– Jy het die vreugde om Hom as ‘n Vesting, ‘n Redder, ‘n Skild en ‘n Toevlug te ken.
– Plaas jou hand in Sy hand en verklaar: ‘U is MY God!’
Gebed: Vader, dankie dat U MY God is. Ek bid dat U MY Vesting, MY Skans, MY Redder, MY Skild en MY Toevlug sal wees. Amen.