Daaglikse Bybel Vers: Psalm 139:16
‘U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.’
– Hoe kosbaar is dit nie om te weet dat elke dag wat die Here ons gee, ‘n dag is wat Hy vir ons beplan het.
– Sy woord vertel ons dat Hy ‘n boek het en elke dag van ons lewens is in daardie boek geskryf.
– Elke dag is ‘n spesifieke gawe van Hom en Hy bepaal hoeveel dae ons kry.
– Ons moet elke dag tot die beste van ons vermoë gebruik en Hom getrou dien.
Gebed: Vader, dank U vir vandag en vir al die seëninge en geleenthede wat daarmee saamkom. Mag my lewe vrugbaar wees terwyl ek elke dag wat U vir my beplan het, neem en geniet! Amen.