‘Here, U sien dwarsdeur my, U ken my.’
– Dit is wonderlik om te weet dat die Here alles omtrent ons weet.
– Niks verras God nie.
– Hy weet alles omtrent jou, omdat Hy so diep vir jou omgee.
– Hy ken jou toestand en Hy wil jou help.
Gebed: Vader, dit is so ‘n gerusstellende feit om te weet dat U alles omtrent my weet. U weet wat ek moet hanteer en U ken die situasie waarin ek verkeer. Ek bid dat U in my omstandighede sal intree en my sal help. Amen.