‘want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.’
– Daar is geen einde aan God se genade nie, en dit kan nie uitgeput word nie.
– Selfs deur moeilike tye kan ons die silwer draad van Sy genade vind.
– Elke donker wolk het ‘n silwer randjie – Sy genade.
– Moenie twyfel aan SY genade teenoor jou nie, Hy sal jou nie faal nie.
Gebed: Vader, dankie vir U blywende en ewige genade teenoor my. Dankie dat U genade geen begin of einde het nie. Dankie vir U groot liefde, wat my nooit sal los nie. Amen.