‘Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.’
– Nie elke seisoen in die lewe is wat ons gehoop het dat dit sou wees nie.
– Maar die Here is met ons, ongeag die seisoene waardeur ons gaan.
– Hy bring ons deur dit alles en in die proses leer ons om op Hom te vertrou.
– Ten einde draai Hy dinge vir ons beswil om, en ons kan met gejubel maai.
Gebed: Vader, dankie vir U belofte aan my dat al saai ek met trane, sal U my met liedere en gejubel laat maai. Ek bid in U Naam dat U vreugde my mag kom vul en versterk. Amen.