‘Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die Here; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.’
– Jy kan nou verwag dat God vir jou sal deurkom.
– Miskien vertrou en bid jy al ‘n lang tyd.
– Die Here wil die dinge doen, waarna jy verlang het.
– o Here, staan op en red en verlos elkeen wat op U vertrou.
Gebed: Vader, dankie dat geen situasie of omstandigheid vir ewig voortduur nie. Vroeër of later tree U in en bring verandering, net soos U gedoen het toe U, U Seun gestuur het om vrede en vreugde te bring in ‘n wêreld wat Hom nodig gehad het. Amen.