Daaglikse Bybel Vers: Psalm 125:2
‘Rondom Jerusalem is berge, so is die Here rondom sy volk van nou af tot in ewigheid.’
– Stel jouself vir ‘n oomblik voor dat jou lewe deur die Here omring is.
– Daai probleem, daai saak, is iets wat Hy met Sy liefde en sorg omring het.
– Jy is nooit alleen nie, want Sy liefde omring jou.
– Rus veilig in die wete dat Hy jou aan elke kant omring.
Gebed: Here, U groot liefde vir my gaan alle verstand te bowe. Ek kan daarop vertrou dat U liefde en sorg om elke draai daar is vir my. Daarom sal ek vandag verseker wees van U alles omvattende teenwoordigheid. Amen.