Daaglikse Bybel Vers: Psalm 121:7
‘Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.’
– Ons kan die beste beskerming in die wêreld hê, maar dit waarborg nie veiligheid nie.
– Maar ons kan gerus wees as ons weet dat die Here ons beskerm.
– Hy is jou Beskermer en jou Bewaarder.
– Moenie aan vrees oorgee nie, vertrou Hom om jou te beskerm en te bewaar.
Gebed: Here, dank U dat U my Beskermer is. Ek sal vertrou en nie bang wees nie, want U is met my en U bewaar my siel. Amen.