‘Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.’
– Die Here is die Een wat jou beskerm en bewaar.
– Hy sal jou bewaar en ‘n laer van beskerming rondom jou plaas.
– Skadu is beskerming teen die hitte van die son.
– HY sal jou skadu wees, veral in gebiede waar jy kwesbaar en blootgestel is.
Gebed: Vader, dankie dat ek U met my lewe kan vertrou. U is die Bewaarder van my siel. U beskerming (skadu) is iets wat ek so dringend nodig het. Ek bid dat U my beskerming en my verdediging sal wees. Amen.