‘My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.’
– Jy is nooit heeltemal hulpeloos nie, want die Here (jou Helper) is met jou.
– Jy hoef nie hulpeloos te voel nie, want jou hulp kom van die Here.
– Wanneer jy voel dat jy niemand het waarop jy kan staatmaak nie, draai na Hom toe.
– Daar is niks wat vir Hom te moeilik is nie.
Gebed: Vader, dankie dat my hulp vanaf U kom. Ek sal tot U draai vir die hulp wat ek nodig het, en ek sal nie hulpeloos of wanhopig raak nie, want my God is my Helper. Amen.