‘Laat my siel lewe, dat dit U kan loof– Ons lewens het ‘n doel en betekenis as ons op die Here fokus.
– Daar gaan soveel rondom ons aan om ons aandag af te lei en om ons te ontmoedig.
– Ons fokus moet op die Here wees, en ons moet onsself aan sy goedheid herinner.
– Kom ons gebruik elke lewende oomblik wat vir ons gegee is, om Hom te prys.
Gebed: Vader, dankie vir ‘n nuwe dag en ‘n nuwe week. Ek kies om U te loof. Ek sal nie deur omstandighede of uitdagings in my lewe of dinge wat in die wêreld aangaan, oorweldig word nie. So lank ek leef, sal ek U loof. Amen.