‘LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!’
– Dankbaarheid behoort ‘n belangrike komponent in ons lewens te wees.
– Goedheid is Sy wese en aard, en daarom kan ons Hom loof.
– Ons kan Hom loof en dank in goeie en moeilike situasies.
– Ons kan staatmaak op Sy getrouheid wat altyd uiteindelik vir ons sal deurkom.
Gebed: Vader, dankie vir U onfeilbare, ewige en getroue liefde vir my. U is voorwaar ‘n baie goeie Vader en ek kies om U my dank en lof te gee. Amen.