‘Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here.’
– Soms kan ons in die vrees leef vir wat kan of mag gebeur.
– Maar die Here is jou sekuriteit, en Hy werk alle dinge ten goede vir ons uit.
– Ons hoef dus nie te vrees nie, ons harte kan veilig en ongeskud wees.
– Ons verantwoordelikheid is om te vertrou, maak nie saak wat gebeur nie, vertrou net op Hom.
Gebed: Vader, dankie dat ek nie vir enigiets hoef te vrees nie, insluitend die toekoms en wat dit kan inhou. Ek kan U eenvoudig dag vir dag en tree vir tree vertrou. Amen.