‘Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie!’
– Wat ‘n voorreg het ons nie, om die Here te kan loof.
– Die lewe kan ons onderkry, maar dan moet ons Sy trou onthou.
– Moet nooit die goeie dinge wat die Here vir jou gedoen het vergeet nie.
– Op grond van die goeie dinge wat Hy vir jou gedoen het, kan jy meer verwagtend wees.
Gebed: Vader, Ek kies om U te seën en te loof. U was vir my ‘n goeie Vader en ‘n getroue God. Ek sal myself altyd herinner aan wat U vir my gedoen het en ek sal voortdurend in verwagting leef dat U goeie dinge vir my in voorraad het. Amen.