Daaglikse Bybel Vers: Psalm 103:2 + 4
‘Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede.’
– Geen verderf is so diep dat God nie daarin kan uitreik na jou en jou daaruit optrek nie.
– Wanneer ons op ons mismoedigste voel, moet ons nooit vergeet dat Hy sterk bly nie.
– Sy genadige liefde en ewige goedertierenheid reik altyd na ons uit.
– Ons kan dus ons hoofde lig en onsself aan Sy goedheid en liefde herinner.
Gebed: Vader, dankie vir U ewigdurende liefde en sorg vir my. Ek vra dat U my sal oplig uit die situasies en omstandighede wat my ten gronde wil trek. Mag ek U liefde en getrouheid teenoor my elke liewe dag sien! Amen.