‘Maar die goedertierenheid van die Here is van ewigheid tot ewigheid …’
– Die liefde en genade van die Here teenoor jou is die een ding waaroor jy seker kan wees.
– In die voortduurend veranderende wêreld waarin ons leef, kan ons hierdie sekerheid ken.
– Daar was nooit ‘n tyd waarin Hy jou nie liefgehad het nie, en daar sal ook nooit wees nie.
– Sy liefde en genade is joune vandag en elke dag.
Gebed: Vader, ek ontvang U liefde en genade teenoor my. Mag ek my plek in U liefde vind, en mag ek U liefde ervaar, terwyl dit my omring, bedek en my help terwyl ek deur die loop van die lewe vaar. Dankie vir u blywende en ewige liefde vir my. Amen.