‘Loof die Here … wat jou lewe verlos van die verderf, …’
– Daar is geen put te diep of te donker, waaruit God ons nie kan red nie.
– Hy reik af en trek ons weer op.
– Hy plaas ons voete op die Rots van hoop en veiligheid.
– Hy red, Hy herstel, en Hy bring nuwe hoop in ons lewens.
Gebed: Vader, ek seën U en ek loof U Heilige Naam. U het my gered sodat ek veilig kan staan en kan verklaar dat U my liefhet en dat ek U kind is. Amen.