‘O HERE, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid?’
– As ons probleme ondervind, vra ons dikwels dwase en onverstandige vrae.
– As dinge verkeerd loop, vra ons gereeld: ‘Waar was God?’ En ‘Waarom?’
– Die waarheid is dat die Here met jou is, Hy is nie ver weg nie.
– Moenie die leuens glo nie, glo die waarheid – die Here is met jou!
Gebed: Vader, vergewe my vir my toon van ongeloof en my vrae van twyfel en vrees. Ek glo en ek weet dat U by my is en dat ek niks hoef te vrees nie. Amen.