‘Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.’
– Die gedagtes wat ons bedink, het ‘n invloed op ons lewens.
– Ons gedagtes het die krag om ons lewens en die lewens van ander te vorm.
– Ons kan ons gedagtes met vrees en twyfel vul, en van ons krag beroof word.
– Of ons kan goeie dinge bedink en bemagtig word.
Gebed: Vader, ek kies om my verstand, en die gedagtes wat my verstand vul, toe te laat om met U gedagtes in lyn te wees. Mag my gedagtes met die hoop en verwagting van U goedheid teenoor my, gevul wees. Amen.