‘Wees oor niks besorg nie,…’
– In die lewe, en nou meer as ooit, is bekommernisse en sorge ‘n werklikheid.
– Wie is nie bekommerd oor alles wat om ons aangaan nie?
– In sulke tye kan ons God se Woord neem en dit op ons lewens toepas.
– Jy kan sonder vrees, jou versoeke na God toe bring – Hy is jou Vader.
Gebed: Vader, in hierdie tyd, en te midde van alles wat aangaan, kies ek om op U te vertrou en nie in vrees en angs te lewe nie. U, o Here, is in beheer van alle dinge en niks is vir U te moeilik nie. Amen.