‘…, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, …’
– Die Here wil jou lei na ‘n plek waar lewende water vir ons beskikbaar is.
– Lewende water spreek van alles waarna ons siele verlang en nodig het.
– Hy ken die behoeftes en die verlange in jou hart.
– Laat Hom toe om jou hand te neem en om jou die bron van lewe wat Hy bied, te wys.
Gebed: Vader, ek vertrou U om my aan die hand te neem en my na dit wat U vir my voorberei het, te lei. My tuiste is met U en met alles wat U vir my bestem het om te ervaar en te geniet. Amen.