‘…en Hy het Sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie;…’
– Die Here wil Sy hand van seën op jou kom lê.
– Hy wil jou herinner om nie te vrees nie, want Hy is nogsteeds in beheer.
– Jy is nogsteeds onder Sy magtige hand van beskerming en voorsiening.
– Laat Sy teenwoordigheid jou verseker van Sy liefde en sorg vir jou.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U teenwoordigheid en U hand op my lewe rus. Ek sal op U vertrou en ek sal nie toelaat dat vrees wortel skiet en my verhoed om op U te vertrou nie. Amen.