‘……; en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.!’
– Geen mens kan God se seën en guns op jou lewe keer nie.
– As Sy kinders, is ons geseën en hoogs begunstig.
– Hierdie seën kan nie deur die aksies van ander of deur omstandighede verwyder word nie.
– Jy is gekies, jy is deel van Sy gesin en jy is geseën!
Gebed: Vader, dankie dat ek in die lig van U seën en guns op my lewe, kan leef. Ek aanvaar en ontvang U seën nou opnuut en vars. Dankie dat niks wat mense aan my kan doen sal hierdie saak verander nie. Amen.