‘Spring op, o put!’
– Die Here wil iets nuuts in jou hart en lewe kom doen.
– Sy begeerte is dat ‘nuwe lewe’, van Hom af, in jou hart sal opspring.
– Die vyand het te lank probeer om ons in ‘n droë onvrugbare plek te hou.
– Nou is die tyd, dat Sy lewende water vars en nuut opspring.
Gebed: Vader, ek bid dat my lewe vandag sal omdraai. Mag daardie areas wat onproduktief en onvrugbaar was nou vloei met die lewende water wat U in my lewe inbring. Amen.