Daaglikse Bybel Vers: Nehemïa 8:11
‘…want die blydskap in die HERE – dit is julle beskutting.’
– Uiteindelik kom ons krag van die Here self.
– ‘n Ongelukkige en swaar hart maak ons teneergedruk en moeg.
– ‘n Hart vol vreugde gee ons krag en energy.
– Laat Sy vreugde nou dadelik jou hart en siel tot oorlopens toe vul.
Gebed: Vader, ek wil nie in my eie krag lewe nie. Ek wil lewe in die krag wat van U af kom. Vul my nou met U vreugde waar ek U vertrou en my verwagting in U plaas. Amen.