Daaglikse Bybel Vers: Nehemïa 2:4
‘…..? En ek het tot die God van die hemel gebid.’
– Wat ‘n vreugde is dit nie om te weet dat ons enige tyd na die Here kan draai en tot Hom kan bid.
– Ons kan tot Hom roep wanneer ons nie weet watter kant toe nou nie.
– Ons kan tot Hom roep wanneer dit lyk of omstandighede ons oorweldig.
– Hy is net ‘n gebed ver van ons af weg en ons behoort spontaan na Hom in gebed te draai.
Gebed: Vader, mag ek soos Nehemïa spontaan tot U bid as ek nie weet wat om verder te doen nie. U is my getroue leidsman en my Goeie Herder, so ek kies om tot U te draai vir die hulp wat ek nodig het. Amen.