‘Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.’
– Moet nooit opgee op God se getrouheid teenoor jou nie.
– Hy wil vir jou gee dit waarvoor jy op Hom vertrou.
– Hy wil hê jy moet die vrede en hoop vind waarna jy smag.
– Hy wil ook die regte deure op net die regte tyd oopmaak.
Gebed: Vader, dankie vir U wonderbare getrouheid aan my. Ek kies om te vra en aan te hou met vra, om te soek en aan te hou met soek en te klop en aan te hou met klop, want ek weet dat U my nie in die steek sal laat nie. Amen.