‘Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe …’
– Dit lyk so maklik om oor soveel dinge bekommerd en besorgd te raak.
– Wanneer dit gebeur, word ons hoop en vrede ondermyn.
– As dit toegelaat word om voort te gaan, sal dit die lewe van God uit ons lewens verdring.
– Ons het almal sorge, maar God is groter, laat Sy liefde vir jou, dus jou fokus wees.
Gebed: Vader, ek kies om my verhouding met U bo alle sorge te stel. Elke probleem wat ek moet hanteer is alreeds by U bekend. Ek sal U eerste vertrou, want ek weet U sal vir my sorg. Amen.