Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee‘
– Ons is geroep om mense van ons woord te wees.
– Ons moet doen wat ons sê en sê wat ons doen.
– Integriteit is baie skaars in die wêreld vandag.
– Wees ‘n man van jou woord en laat dit bekend staan dat jy betroubaar is.
Gebed: Vader, mag ek my lewe lei op so ‘n manier dat niemand in my bedoelings sal twyfel nie, en mag hulle besef dat hulle my kan vertrou. Mag ek U voorbeeld volg en die soort mens wees wat U karakter aan almal om my, demonstreer. Amen.