Daaglikse Bybel Vers: Matthéüs 5:14
‘Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê kan nie weggesteek word nie;’
– Ek en jy is ontwerp en geroep om die lig in ‘n donker wêreld te wees.
– Ons weerkaats Sy lig in ons sfeer van invloed deur hoe ons, ons lewens lei.
– Hoe ons lewe en optree is belangrik want ander mense hou ons dop.
– Laat ons ons lig so skyn dat dit hoop en krag vir ander beteken.
Gebed: Vader, dankie dat ek U lig en hoop aan ‘n wêreld wat dit nodig het kan versprei. Mag my lewe en dit wat ek doen altyd vir U die heerlikheid en lof bring wat U verdien! Amen.