‘Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.’
– Die wind en storms van die lewe kan ons na ‘n plek dryf waarheen ons nie wou gaan nie.
– Maar selfs daar kom ons kosbare Here en Verlosser, na ons toe aangestap.
– Hy laat ons nie aan die storms en moeilikhede oor nie – Hy kom na ons toe.
– Uit die duisternis, op die laagste oomblik, verskyn Hy om ons te verlos en red.
Gebed: Vader, dankie dat U tot my redding kom, ongeag waar ek myself bevind. U sal my uit die diepste put kom lig en my deur die hewigste storm bring, omdat U my liefhet en vir my sorg. Amen.