‘Maar Jesus sê: Laat haar staan; waarom val julle haar lastig? Sy het ‘n goeie werk aan My gedoen.’
– Ons liefde vir die Here moet veroorsaak dat ons tot aksie oorgaan om Hom meer lief te hê.
– Ware liefde kos iets, en soms word ons dalk gekritiseer vir ons dade.
– Selfs in die kleinighede wat ons doen, kan ons, ons liefde vir God demonstreer.
– In die klein dade van oorgawe wys dit ons opregte liefde vir Hom.
Gebed: Vader, my Here en my God ek verklaar vandag my liefde vir U. Ek bid dat die manier waarop ek lewe ‘n demonstrasie van my liefde vir U sal wees. Mag my optrede en my dade my liefde en dankbaarheid weerkaats vir alles wat U vir my gedoen het. Amen.