‘…en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.’
– Waar jy God vir die toekoms vertrou, kan jy weet dat Hy ‘n plan vir jou het.
– Die Here wil hê jy moet in wat Hy vir jou voorberei het, vorentoe gaan.
– Hierdie is nie die tyd om in kommer en sorge vas te sit nie.
– Hy wil hê jy moet die vryheid geniet wat uit afhanklikheid van Hom, voortspruit.
Gebed: Vader, ek sal nie in ‘n groef vasval nie maar ek sal vorentoe beweeg, met die wete dat die wind van U Heilige Gees my seile vul en my vorentoe beweeg. Mag ek die vreugde en die genot ken wat uit die vryheid en ontheffing kom wat U in my lewe sal bring. Amen.