‘…en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.’
– Besef jy dat God wil hê dat jy Sy vryheid en vreugde moet ondervind?
– Hy betree ons lewens om die hek oop te maak sodat ons vry kan wees.
– Ons mag onsself in ‘n moeilike plek bevind, maar Sy plan is anders.
– Dit is God se begeerte dat jy die vryheid en vreugde wat Hy gee, sal ondervind.
Gebed: Vader, ek vra dat hierdie belofte ‘n werklikheid in my lewe sal word. Ek vra dat U die hekke wat my gevange hou, sal oop maak, breek die ystertralies wat my terughou, en bring my na die plek waar ek U vreugde en U vryheid in my lewe kan ervaar. Amen.