‘Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die Here van die leërskare.’
– Die Here is ons uiterste Beskermer en Verdediger.
– Tensy die Here ons lewens gebruik, is alles doelloos.
– Tensy die Here ons beskerm, sal geen weermag ons ten volle kan beveilig nie.
– Maar met die Here in ons lewens tree Hy in en laat ons lewens vrugbaar wees.
Gebed: Vader, dankie dat ek U kan vertrou om my Bron van beskerming, voorsiening en my sekuriteit, te wees. Ek bid dat U in my lewe sal werk en veroorsaak dat daardie dinge wat my graag wil vernietig, verwyder word. Amen.