‘En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe.’
– Slegs ons Verlosser kan die vlek van sonde uit ons lewens verwyder.
– Die vreugde is om te weet dat Hy ons wil vergewe.
– As ons ons sondes bely, is Hy getrou en regverdig om ons te vergewe.
– Gee dit alles vandag vir Hom, Hy wag om jou te vergewe en te omhels.
Gebed: Vader, dankie vir die wonderlike manier waarop U gereed is om te vergewe en om my vry te stel van daardie dinge wat ek gedoen het wat U nie behaag nie. U kom en U vergewe my, en U herstel my sodat ek heel en vry kan wees. Amen.