‘En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou, staan op!’
– Die Here kan lewe in hopelose en desperate situasies, bring.
– Hy kan nuwe lewe in jou hart en siel inasem.
– Miskien het omstandighede, of die uitdagings van hierdie jaar, jou teneergedrukt gemaak.
– Dit is tyd om op te staan, die stukkies op te tel en Sy trou teenoor jou te ontvang.
Gebed: Vader, met U hulp en U krag sal ek opstaan en lewe in die lig van U guns en seën. Ek bid dat U nuwe lewe in my sal inasem en mag ek weet dat U met my is en ek sal met vertroue in U, vorentoe tree. Amen.