‘En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel en vir haar gesê: Moenie ween nie!’
– Een van die wonderlike eienskappe van die Here is Sy groot medelye.
– Medelye is die vermoë om ‘n ander persoon se stryd te deel.
– Medelye hou egter ook verband met ‘n dringende begeerte om te help.
– Die Here weet waardeur jy gaan, en Hy sal intree en help.
Gebed: Vader, dankie dat U kan sien wat in en met my gebeur. U medelye oorvloei my, en U hulp sal aan my gegee word. Amen.