‘En ‘n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.’
– Die Here sal ons nooit in ons wanhoop en twyfel in die steek laat nie
– Hy sal in ons stryd na ons toe kom, om vir ons die krag te gee wat ons nodig het.
– Mag jy Sy krag ken wat deur jou en jou situasie vloei.
– Sy krag is Sy vermoë om verandering en hoop in ons harte te bring.
Gebed: Vader, openbaar Uself aan my sodat ek versterk en in staat gestel kan word om deur geloof te wandel en ‘n hart te ondervind wat deur U krag en vermoë bemagtig word. Amen.