‘deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,’
– Is jy gereed vir die nuwe en wonderlike dinge wat God vir jou gereed het?
– Ons moet met ‘n gevoel van afwagting en verwagting lewe.
– Glo dat die hemelse oggendlig gereed is om op jou te skyn.
– Mag jy Sy guns en moed ken waar jy die toekoms binne tree.
Gebed: Vader, ek herken dat my lewe en my toekoms in U sterk en bekwame hande is. Ek vra U vir ‘n jaar van guns en seën en ek vra dat U getrouheid sal aanhou om my op te hef en vorentoe te dra. Ek kies om alles deur Christus wat my versterk, te doen. Amen.
Mag jy ‘n geseënde en veilige jaar 2023 beleef.