Daaglikse Bybel Vers: Lukas 1:47
‘en my gees is verheug in God, my Saligmaker;’
– Baie mense kan wonderlike dinge van die Here sê.
– Die vraag is kan hulle van hom praat as hulle persoonlike Here en Saligmaker?
– Kan jy sê, ‘Hy is MY Saligmaker’?
– Tensy ons Hom persoonlik ken het al ons kennis van God geen waarde nie.
Gebed: Vader, ek begeer om U van nader te ken. Ek wil U nie net in die algemeen ken nie. Ek wil U in my hart ken. Kom woon in my en wees MY Verlosser. Amen.