‘En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.’
– Dit is ‘n wonderlike gedagte dat ons Sy guns op ons lewens kan ken en geniet.
– Sy Woord vertel ons dat ons guns van die Here kan ontvang.
– Sy guns is soos ‘n skild wat ons omsingel en beskerm.
– Sy guns is nie wipelturig nie, dit staan vas en duur ‘n leeftyd.
Gebed: Vader, dankie vir U guns en seën oor my lewe. Ek ontvang U guns en vra dat terwyl ek U vertrou U my met U guns elke dag sal omsingel. Amen.