‘So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem.’
– Jou hemelse Vader is ‘n baie goeie Vader.
– Hy het goeie planne vir jou en planne om jou te seën.
– In die onwaarskynlikste tyd sal Hy jou sy guns en goedertierenheid wys.
– Jy sal ook bly wees, want Hy was goed vir jou.
Gebed: Vader, ek verklaar dat ek in ‘n tyd van U guns en seën, leef. Ek verwag al die goeie dinge wat U vir my wil doen, en ek sal U al die eer en heerlikheid gee. Amen.