‘En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, …’
– Ons natuurlike menslike neiging is dikwels om bekommerd en angstig te wees.
– In die dae waarin ons leef, lyk dit of daar soveel is om ons oor te kwel.
– Maar die Here wil hê dat ons Sy vrede moet ervaar terwyl ons op Hom vertrou.
– Ons kan Sy vrede ken terwyl ons die ewige teenwoordigheid van God geniet.
Gebed: Vader, waar ek hierdie nuwe seisoen betree, vra ek dat U teenwoordigheid met my sal wees en dat U my sal omring. Ek kies om op U te vertrou en om nie aan vrees en angs toe te gee nie. U is met my. Amen.