Daaglikse Bybel Vers: Lukas 11:36 NLT
‘As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig.’
– Ons reflekteer wat in ons aangaan aan almal om ons.
– As ons moedeloos en ongelukkig is, is dit wat ander sal sien.
– As ons hoopvol en positief is, sal dit ander om ons beïnvloed.
– Wees dus gevul met Sy lig en hoop en skyn daardie lig in die duisternis in.
Gebed: Vader, ek begeer om met die lig en hoop wat net van U kan kom, gevul te word. Vul my lewe met U lig sodat my lewe stralend en tot seën vir almal om my kan wees. Amen.