‘Want Ek is die HERE julle God,…. ’
– Ons moet altyd van hierdie belangrike realiteit bewus wees.
– Die wete dat die Here altyd daar is vir ons moet ‘n lewende realiteit wees.
– Dit moet ook ‘n wonderlike inspirasie en aanmoediging vir ons wees.
– Jy is nie alleen nie, die HERE jou God is met jou, wees bly en wees sekuur.
Gebed: Vader, dankie dat U my Here en my God is. Mag ek vandag en elke dag wat U my gee, van U teenwoordigheid in my lewe bewus wees. Amen.