‘Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak;…’
– Vrees is nie deel van die Here se plan vir ons lewens nie.
– Hy wil ons Sy vrede gee, en enigiets verwyder wat ons bevrees sal maak.
– Wat is dit wat jou vandag bevrees maak?
– Los dit in Sy hande en maak staat op Sy getrouheid.
Gebed: Vader, ek verklaar dat ek sal vertrou en nie bevrees wees nie. Maak nie saak hoe die omstandighede lyk nie, ek sal altyd glo dat U planne het wat ten goede vir my sal werk, planne wat vir my ‘n hoop en ‘n toekoms sal gee. Amen.