‘Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.’
– Dit waaroor ons dink beinvloed ons lewens.
– Fokus op wat God kan doen liewer as om op die probleme te fokus.
– Laat die hemel jou gedagtes vul en verban alle twyfel en vrees.
– Moenie jou oor dinge hieronder bekommer nie – hulle hou nie.
Gebed: Vader, ek wil my oë lig en op U fokus instede daarvan dat ek op my probleme fokus. Help my om te onthou dat U groter is as enige kwessie of uitdaging wat ooit oor my pad mag kom. Amen.